Duluth, Minnesota

Duluth

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Minnesota
 County St. Louis
 Koördinate 46°47′N 92°5′W / 46.783°N 92.083°W / 46.783; -92.083
 Inkorporasie 1857
 Oppervlakte:  
 - Totaal 226,44 vk km
 Hoogte bo seevlak 214 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 86 128
 - Bevolkingsdigtheid 491,3/vk km
 Tydsone CST (UTC -6)
 Somertyd CDT (UTC -5)
 Burgemeester Emily Larson (DFL[1])
 Amptelike Webwerf duluthmn.gov

Duluth is hawestad op die oewer van die Bowemeer in die deelstaat Minnesota waar die St. Louisrivier in die meer uitmond. Die administratiewe setel van St. Louis County is hier geleë.

Duluth is 'n binnelandse seehawe op die westelikste punt van die Bowemeer, maar het, ofskoon dit 3768 km vanaf die Atlantiese Oseaan geleë is, met die bou van die Amerikaans-Kanadese Sint Laurenswaterweg - 'n kombinasie van natuurlike en mensgemaakte waterroetes wat in die somer van 1954 begin en in 1959 voltooi is - tot een van die vernaamste Atlantiese seehawens in Noord-Amerika ontwikkel van waar graan, ystererts, hout en ander uitvoerprodukte na bestemmings dwarsoor die wêreld verskeep word.

  1. In Minnesota tree die Demokratiese Party sedert sy samesmelting met die Farmer-Labor Party op 15 April 1944 op as Democratic-Farmer-Labor Party, kortweg DFL.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search